Blog 2019-04-30 PEKANNEUT BOORDBEPLANNING - 30-04-19 WAT IS DIE STANDAARDE WAARAAN PEKANNEUT BOME (BOOMPIES) MOET VOLDOEN, SODAT EK SUKSESVOLLE VESTIGING VAN MY BEOOGDE PEKANNEUT BOORD KAN VERSEKER? Maak seker dat die pekanneut boompies ge-ent, lewenskragtig en gesond is asook 3 - 4 jaar oud is.Hulle verplant dan die maklikste en suksesvolste. Onthou dat baie jong, klein asook groter en ouer bome moeiliker vestig in die boord.Moet dus nie mislei word om ou en groot pekanneut bome te koop nie.Koop ook slegs van ‘n kweker / kwekery wie se pekanneut bome (boompies) goed gevoed en gesond is.Gaan die reputasie na van die verskaffer / kwekery voor ‘n besluit gemaak word. Wees versigtig vir “Fly by nights” verkry eerder verwysings en doen navraag oor die betroubaarheid van die kwekers / kwekerye voordat enige aankope oorweeg word – sien SAPPA (Suid-Afrikaanse Pekan Produsente Vereniging) se webblad ivm die standaarde waaraan SAPPA geregistreerde pekanneutkwekerye moet voldoen. Maak gebruik van hierdie standaarde om die pekanneut bome (boompies) te evalueer.Kontak ook gerus vir SAPPA vir meer inligting ivm kwekers / kwekerye of verskaffers van pekanneut boompies.
WATTER PROSESSE WORD GEVOLG OM SUKSESVOLLE PEKANNEUT BOORD BEPLANNING TE DOEN VIR UITEINDELIKE OPTIMALE OPBRENGSTE? Pekanneut bome (boompies) vereis sekere omstandighede en dit is raadsaam om vooraf te ondersoek of die beoogde grond asook weersomstandighede geskik sal wees vir die suksesvolle vestiging van ‘n pekanneut boord vir optimale opbrengste.
HOE STEL EK MY PEKANNEUT BOORDPLAN OP? Nadat die ondersoek bevestig het dat die grond en weersomstandighede geskik is vir die vestiging van ‘n pekanneut boord, word die volledige boordplan opgestel (al word dit stuksgewys oor ‘n aantal jare aangeplant). Die volledige pekanneut boordplan moet die volgende bevat:
Dit is belangrik om ten minste 4 of 5 kommersiële pekanneut kultivars / variëteite te gebruik wat so geplaas is dat hulle mekaar wind-af kruisbestuif om goeie opbrengste te verseker. Die keuse van hierdie 5 kommersieële pekanneut kultivars / varieteite is baie belangrik vir verskeie redes. Die kombinasie en plasings van die beoogde pekanneut kultivars / varieteite is ook baie belangrik, gebruik slegs kommersieële kultivars / varieteite wat die hele bestuiwings seisoen dek vir goeie kruisebestuiwing vir die hele bestuiwings seisoen (wat so min of meer 3 weke duur). Oorweeg slegs pekanneut kultivars / varieteite wat medium en groter neute produseer. Die pekanneute moet ook maklik gedop kan word om toekomstige verkoop opsies te verbreed. Situasies verander deesdae so vinnig sodat mens nie kan aanmeem dat huidige verwerker of uitvoere oor 5 - 10 jaar dieselfde gaan wees nie. Verkoopsopsies en markte moet verskeie moontlikhede insluit daarom is dit belangrik om ook na die dopdikte en die gemak waarmee die verskillende pekanneut kultivars / varieteite gedop kan word.
DAAR IS SO ‘N OORVLOED VAN INLIGTING EN MENINGS WAT MY HEELTEMAL DEUR MEKAAR MAAK. WAT DOEN EK NOU? Moenie na almal se raad luister nie kies ‘n kwerker / kwekery wat jy vertrou en weet dat hulle die nodige kennis het om jou te ondersteun met die hele pekanneut projek… en volg die nodige riglyne en wenke van daardie Kwekery, aangesien dit die beproefde metode is van daardie Kwekery. Dit is uiters belangrik dat daar ‘n goeie vertouensverhouding tussen pekanneut kwekery en pekanneut koper sal bestaan sodat die koper sal weet dat die kwekery altyd in sybeste belang sal optree wanneer wenke, riglyne, voorstelle en raad voorsien word. Burkea africana Kwekery bestaan al 20 jaar en het so ‘n verhouding met hulle kliënte - wat baie suksesvolle pekanneut boorde tot gevolg het. Ons kliente kom jaar na jaar terug asook ander belangstellendes wat die sukses tov hulle boorde sien en kom koop ook hulle bome by Burkea africana Kwekery en deel sodoende in die 20 jaar se kennis wat oor die tydperk versamel is uit ondervinding. Burkea africana Kwekery se siening is dat die Kwekery die begin punt is van elke pekanneut koper se uiteindelike sukses.Aangesien Burkea africana Kwekery baie moeite doen om organiese, gesonde, lewenskragtige 3 - 4 jaar oue pekanneut bome (boompies) te verkoop, bied hierdie kwekery ‘n geleentheid aan elke pekanneut koper om deel te word van die nuutste neiging van die publiek om gesond te eet.Daar is ‘n groeiende aanvraag na gesonde produkte en daar is ‘n premie op die produkte.Die smaak van organiese pekanneute is ook beter.Ondersoek ook die moontlikhede om gebruik te maak van voordelige insekte en mikro-organismes om grond- en plantgesondheid te verseker.Kyk na ‘n vorige blog waar ons dit aangeraak het. Dit sal wonderlik wees indien almal wat kennis het van geslaagde maniere om voordelige insekte te gebruik, sal terugvoer gee sodat ons kan deel met almal aangesien dit baie goedkoper is as om produkte aan te koop vir hierdie doel. |
Terug | Terug na bo |