Blog 2019-04-08 Natuurlike biologiese insekbeheer - balans NATUURLIKE BIOLOGIESE INSEK BEHEER - BALANS Kom ons leef en werk saam met die natuur. Wanneer ons 'n insek opmerk tussen plante, is ons so geneig om dit dadelik te wil uitroei omdat ons dit dadelik as 'n bedreiging ervaar maar dit is nie noodwendig die vyand wat jy hier sien nie… dalk jou vennoot in die stryd teen jou vyand want wanneer jy mooi begin kyk en uitvind wat elke gogga se leefwyse behels, gaan ‘’n nuwe wêreld voor jou oop. Wat ons eintlik moet doen is om dadelik 'n foto te neem en "MR GOOGLE" te raadpleeg om uit te vind watter insek dit is en of dit vir ons of teen ons werk in die bestryding van peste. Wanneer jy "GOOGLE" sal jy leer dat baie van die voordelige insekte in hul vroeë stadiums van ontwikkeling 'n nuttige rol vervul. Daarom is dit dan belangrik om nadat jy 'n spesie se waarde ontdek het, ook vas te stel hoe jy die getalle daarvan kan vermeerder om peste waarmee jy sukkel, doeltreffend te kan bestry. Op hierdie manier bring mens weer balans in die ekologie terug en bespaar jouself baie arbeid, tyd en geld. Mens verloor uit die oog dat hoewel jy 'n klompie plante gaan afstaan in die begin van die proses, dit uiteindelik baie minder kos om die natuurlike predatore te gebruik vir hierdie doel, as om die hele tyd baie duur produkte aan te koop en te spuit ten einde geen skade te ly nie. Ons het vir 19 jaar 'n geen-gif-beleid gevolg en hoofsaaklik gebruik gemaak van mikro-organismes en ander natuurlike produkte om ons plante gesond te hou maar is nou baie opgewonde om baie meer te leer van die natuurlike predatore en hoe om hulle getalle te vermeerder sodat ons hulle dan kosteloos en doeltreffend kan inspan as ons vennote teen die insekte wat vir ons skade veroorsaak. Jare gelede het ons daardie swart kewers met die geel strepe op ons pekan boompies opgemerk en hulle dadelik begin uitroei totdat ek gelees het dat hulle larwes op die eiers van springkane voed. Springkane kan natuurlik groot verwoesting saai, so van daar af was hierdie kewer toegelaat om al die rose en ander blomme (hulle eerste keuse lekkernye) kaal te vreet sodat hulle kon vermeerder om die springkane in beheer te hou. Hieronder volg 'n lysie van voordelige predatore en hulle prooi. Meeste van hierdie predatore vind ons gelukkig reeds op ons plante. Kliek op die volgende link om meer te wete te kom van voordelige insekte, hulle lewens siklusse en hulle waarde vir ons: https://bonnieplants.com/gardening/get-to-know-common-beneficial-insects/ https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&biw=1366&bih=604&tbm=isch&s https://bonnieplants.com/gardening/get-to-know-common-beneficial-insects/ https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&biw=1366&bih=604&tbm=isch&s https://www.google.com/search?q=ladybird+life+cycle+pictures&client=firefox- https://www.google.com/search?q=lacewings+life+cycle&tbm=isch&source=univ&cl
| ||||||||||||||||
Terug | Terug na bo |